Stogastiese proses

'n Stogastiese proses of soms ook 'n lukrake proses genoem is die teenoorgestelde van 'n deterministiese proses (of deterministiese stelsel) in waarskynlikheidsleer. In plaas daarvan dat net een moontlike 'werklikheid' oorweeg word oor hoe 'n proses moontlik met tyd kan ontwikkel, is daar in 'n lukrake proses 'n onbepaaldheid in sy toekomstige ontwikkeling soos beskryf deur waarskynlikheidsverspreidings. Dit beteken dat selfs al is die aanvanklike toestand (of vertrekpunt) bekend, daar vele waarskynlikhede bestaan oor waar die proses kan opeindig, al dra sommige moontlikhede 'n hoër waarskynlikheid as ander.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search